Dink net: Verlate strande, lou blou seewater waarin jy die ganse dag kan dryf, hope garnale en 2M-bier. Ja-nee, Mosambiek is een van Suider-Afrika se topbestemmings vir ’n seevakansie. Maar wat jy dalk nie weet nie, is dat dié land soveel meer bied, veral pwindende bosvakansies. Weg Mosambiek beantwoord al die reisvrae wat jy het oor dié gewilde vakansiebestemming. Hierdie gids fokus op bekostigbare verblyf en gee ook puik idees vir vakansies verder noord, asook die nodige inligting oor roetes, grensposte en paklyste.