Beplan jou volgende reis met die omvattende Weg Namibië gids
Jy kan uitsien na satellietkaarte van Etosha en Sossusvlei, om jou besoek te plan, lekker doending in Swakopmund en Walvisbaai, GPS-punte, reiswenke en stories oor avonture in Namibië. Daar is ook gedetailleerde reisplanne vir die gewildste roetes, waaronder, 'n sirkelroete deur die suidelike deel van Namibië, die C15 tussen Mata-Mata en Mariental; die pad tussen Buitepost en Windhoek; asook roetes deur Kaokoland en Damaraland.